DIE BENDERS SE PIESANGKOEK



DIE BENDERS SE PIESANGKOEK
Die Benders van Clocolan se ma, Barbara, se piesangkoek met kondensmelkversiersel is onweerstaanbaar.
Beslag
125 g sagte margarien of botter
375 ml suiker
2 groot eiers
500 ml koekmeel
3 ml bakpoeier
4 ml koeksoda
3 ml sout
4 ml vanieljegeursel
60 ml karringmelk
250 ml fyngedrukte piesang
Versiersel:
90 ml sagte margarien of botter
90 ml kondensmelk
5 ml vanieljegeursel
5 ml vars suurlemoensap
Gekapte pekanneute en gekrummelde pralien, om af te rond
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer twee panne van 20 cm goed. Voer die panne uit met bakpapier en smeer weer.
Beslag:
Verroom die margarien (of botter) en suiker goed saam tot lig en donsig. Klits die eiers een vir een by.
Sif die droë bestanddele oor en voeg die vanieljegeursel, karringmelk en fyngedrukte piesang by. Meng goed en verdeel tussen die panne. Bak vir 30 minute tot uitgerys en deurgaar.
Laat die koeke vir ’n paar minute in die panne afkoel en keer dan op draadrakke uit om verder af te koel.
Versiersel:
Klits die margarien (of botter) en kondensmelk saam styf. Voeg die vanieljegeursel en suurlemoensap by en klits goed. Sny elke koeklaag middeldeur om twee dunner lae te maak.
Smeer ’n lagie van die versiersel op elke laag. Stapel die lae opmekaar en versier bo-op met die orige versiersel. Sprinkel die pekanneute en pralien oor.
Lewer 1 groot koek (14-16 porsies).
NOTA: Maak net resep van versiersel 3x keer aan.
Resep geplaas deur Lelane Van Der Walt
2de Foto: Gideon Louw
Foto: Lelane Van Der Walt – Heerlik!! Iets anders!