DIABETIESE MAKETAANKONFYT


DIABETIESE MAKETAANKONFYT
4 kg maketaan skil skywe (nie witvleis nie)
1.5 kg xylitol
5 ml sout
3 duimpie grootte stukkies vars gemmer, opgesny in klein stukkies.
4.5 liter gesuiwerde water (still)
2 eetlepels huishoudelike kalk
Skil die waatlemoenskywe baie dun af (ek het my aartappelskiller gebruik). Prik goed aan beide kante en laat lê in gewone kraanwater waarby die kalk gevoeg is, vir 2 dae. Spoel baie baie goed af, sny in happie-grootte stukkies en hou eenkant.
In ‘n groot pot; gooi water, sout en xylitol in die pot en laat borrel-kook op baie hoë hitte. Voeg nou die maketaanstukkies bietjie vir bietjie by terwyl die water aanhou kook. Voeg die gemmer by, roer deur en kook op medium hitte tot die stroop begin verdik en jy ‘n vuurhoutjie se agterkant deur die maketaanstukkies kan druk.
Skep die vrugte in skoon gesteriliseerde bottels en gooi van die stroop in die bottels tot die vrugte bedek is. Indien daar lugborrels gevorm het, druk ‘n skoon sosatiestokkie teen die kant van die bottel om die lugborrels op te breek en seël dadelik. Laat heeltmal afkoel, merk en bêre
Resep en foto: Wilma Josey Venter.
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.