BLOUBESSIE PLAATKOEKIES



BLOUBESSIE PLAATKOEKIES
Liezl het vanoggend vir ons lekker flap jacks gemaak en was djeerlik.
2 koppie hawermout (oats)
1¼ koppie melk
2 piesangs
1 eier
3 eetlepels grondboontjiebotter
1½ teelepels bakpoeier
1 eetlepel stroop (Voeg die stroop laaste by.)
1 pakkie vars blueberries / bloubessies
Meng alles saam behalwe die bloubessies in ‘n voedsel verwerker en laat staan vir ‘n half uur.
In ‘n matige, maar redelik warm pan skep kleinerige porsie waarby drie bloubessies gevoeg is en braai twee min, draai hulle om en braai nog ‘n minuut.
Op die einde het ons ‘n klompie beslag oorgelos en een grootte gemaak, julle weet natuurlik vir wie het ek gespoil met kaas en stroop.
Pak drie lae op mekaar met bloubessie konfyt, kaas en stroop of wat jou keuse is tussen die lae en siedaar.
Ons het ‘n teflon pan gebruik met net ‘n sprinkel olie in.
Foto en resep geplaas deur Gideon Louw