STROOPSOET GEBAKTE KARAMELPOEDING


STROOPSOET GEBAKTE KARAMELPOEDING
Dis baie maklik, en lekker. Net effe erg soet en het bietjie te veel sous. Dink ek sal volgende keur die water met room of selfs melk vervang.
Bestandele
80 ml bruinsuiker
300 ml bruismeel
125 ml (½ k) melk
1 eier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
50 g botter, gesmelt
125 ml (½ k) karamel-treat
SOUS
250 ml (1 k) bruinsuiker
30 g botter
500 ml (2 k) kookwater
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n reghoekige bakskottel.
Meng die bruinsuiker en meel in ’n groot mengbak. Klits die melk, eier, vanielje en gesmelte botter saam en giet dit by die meel in. Meng goed met ’n houtlepel.
Vou die karamel in en giet in die voorbereide bakskottel in.
SOUS Strooi die suiker oor en stip botter bo-op. Giet die kookwater oor en bak 40 min. tot gaar. Sit voor saam met room of natuurlike jogurt.
Foto: Minette Mirie Vd Westhuizen
Resep geplaas deur Minette Mirie Vd Westhuizen