SPAGHETTI PIZZA


SPAGHETTI PIZZA
Foto en idee:  Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Aandete vanaand.
½ pak spaghetti gekook
2 eiers
Bolognaise sous
vulsel van keuse
kaas

Meng die eiers met die gaar spaghetti. Skep in ‘n oondpan of 2 losboom koekpanne. Skep die Bolognaise sous oor die spaghetti en pak die vulsel op (ek het gebraaide uie, knoffel, spek en wors in stukkies gesny). Rasper kaas oor, sprinkel ‘n bietjie oreganum oor, garneer en bak teen 180°C vir ongeveer ‘n halfuur of tot die kaas mooi goudbruin is.
Resep het ek gisteraand op die internet gesien en dit sommer vanaand gemaak soos ek goeddink.