ROMERIGE TAMATIE-PASTA MET KLEIN FRIKKADELLETJIES

ROMERIGE TAMATIE-PASTA MET KLEIN FRIKKADELLETJIES
Gebruik enige 500 g pasta, soos macaroni of spaghetti. Maak gaar soos gewoonlik en spoel af.

Romerige tamatiesous:
1 blikkie Tamatie en uie mengsel
115 g tamatiepasta
1 teelepel vars fyn knoffel
60 g botter
80 ml meel
1 eetlepel suiker
1 blikkie kookwater met 25 ml Ina Paarman Hoenderaftreksel poeier gemeng
(gebruik die blikkie waarin die tamatie was)
1 blikkie Ideal melk of Volroommelk of ‘n mengsel van room en melk
Geurmiddels:
Swart peper
Ina Paarman Garlic & Herb geursel

Meng die eerste 7 bestanddele met ‘n draadklitser. Voeg vloeistowwe en geursel by en bring tot kookpunt. Prut stadig vir 15 minute tot redelik dik. Meng die gaar pasta met die sous. Sit eenkant.

Klein frikkadelletjies:
Jy kan jou gunsteling resep gebruik. Ek het 500 g maalvleis gebruik en die volgende bygevoeg. Ek het 35 frikkies uitgekry.
3 eetlepels Ina Paarman Roast Onion gravy poeier
1 handvol oats
1 eetlepel asyn
2 eetlepels water
Sout en Peper

Maak klein frikkadelletjies (of grotes). Die kleintjies het ek vir 3 minute aan elke kant in ‘n bietjie olie gebraai op medium warm plaat in ‘n non-stick pan.

Notas:
Kinders hou baie van hierdie tamatiesous omdat dit baie soos die sous smaak wat jy in die blikkies spaghetti kry. Hierdie tuisgemaakte sous is net baie gesonder. Jy kan ook 3 groot ryp tamaties gebruik en een ui en dan net eers die ui gaar braai.

FOTO EN RESEP:  Louise Groenewald