MALISSA SE MAKLIKE ALFREDO

MALISSA SE MAKLIKE ALFREDO
My resep is so maklik!!!
1 pakkie sampioensop poeier
250 ml room
250 ml melk
1 wiel Feta
1 pakkie sampioene, gekerf
vars knoffel na smaak
speserye na smaak
genoeg ham, opgekerf in blokkies
gaar pasta

Ek gebruik ‘n pakkie sampioen sop met ‘n koppie room en ‘n koppie melk aangemaak, sit dit in kastrol.
Verhit oor matige hitte en hou aan roer tot dit verdik, krummel ‘n Feta wiel in en sit eenkant.
Braai sampioene apart met bietjie knoffel en speserye en snipper ham by.
Meng alles saam en meng met gaar pasta.
Vingerlek lekker!
RESEP:  Malissa Booyens