MAALVLEISKASSEROL MET MIELIEPAP

MAALVLEISKASSEROL MET MIELIEPAP
1 koppie mieliemeel
2 koppies water
1 teelepel sout
1 x 410 g blik geroomde mielies
Meng saam en laat kook vir 20 min. Skep in oonvaste bak.

Braai die volgende saam:
1 ui op gekap
1 groenrissie op gekap
1 knoffelhuisie fyn gekap
1 eetlepel olie
500 g maalvleis
sout en swartpeper na smaak
1 teelepel braaivleisspeserye
1 teelepel gemengde gedroogde kruie
1 eetlepel blatjang
1 blikkie tamatie en uiesmoor
Wanneer alles gaar en goed deur gebraai is, skep dit bo oor die pap en sprinkel kaas oor en bak 30 min by 180ÂșC.
Foto: Benhet Nieuwenhuis