MA POP SE SJOKOLADE KOEK




MA POP SE SJOKOLADE KOEK
3 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
5 ml fyn gemmer
Sif bogenoemde saam.
1 ½ koppies kookwater
¾ koppie sonneblomolie
125 ml kakaopoeier
Meng bogenoemde saam, laat effens afkoel.
Klop die volgende saam tot dik en skuimerig:
5 ekstra groot eiers
2 koppies witsuiker
5 ml vanilla geursel
Voeg nou die meelmengsel en natmengsel beurtelings by die eiermengsel , meng op laag tot deurgemeng ( moet nie te veel klop nie)
Skep in 2 x 23 of 26 cm panne en bak vir 35 min op 180°C , laat afkoel en gebruik enige versiering.
Nota:
Let wel as jy n vaniljekoek wil bak los net kakao en gemmer uit.
VIR DIE KOEK OP DIE FOTO MET DIE PEPPERMINT
Laat die 5 ml gemmer uit en voeg 2.5 ml pepperment geursel by bak die koek en laat afkoel
Versiering
1 blik nestle caramel
1 medium plak pepperment Aero fyngerasper
60 ml suurlemoensap
Meng goed.
Klop nou 500 ml vars room styf en vou dit by die Caramel mengsel, versier die koek en rond af met fyngerasperde pepperment Aero
Bogenoemde vulsel word ook gebruik vir n pepperment Aero tert met n kors van tennisbeskuitjies
Bron en Foto: Magda Van Der Merwe