KITTY SE EIE LEMOENKOEK



KITTY SE EIE LEMOENKOEK
Ek hou nie van koekbak nie en soek die maklikste om te doen. My eie reseppie:
1½ koppie bruismeel
knypie sout
1 en ‘n derde kop suiker
¼ koppie lemoensap
¼ koppie melk
3 eiers
220 ml kookolie
2 teelepels gerasperde lemoen skil
Gooi alles in een bak. Klits vir 3 min, plaas in enkel gesmeerde pan wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir plus minus 45 min tot gaar.
Versiersel:
Drie kwart kop suiker
3 e maizena
375 ml (helfte water, helfte lemoensap)
50 g botter
1 t gerasperde lemoenskil
Meng alles in kastrol. Bring stadig tot kookpunt en roer tot mengsel dik is.
Laat afkoel en smeer tussen en bo op koek.
Omdat dit een pan koek is, sny ek koek in twee vir 2 lae.
Resep: Kitty de Jongh