INGELEGDE HALWE NARTJIES OF LEMOENE


INGELEGDE HALWE NARTJIES OF LEMOENE
Foto: Hilda Harvie
FOOD LOVERS RECIPES
Vandag vir die eerste keer halwe nartjies gedoen. Het al die lemoene gedoen. Werk presies dieselfde, nartjies net moeiliker omdat die skille sagter is. Pak baie moelik, maar heerlik. Resep in kook en geniet gekry, maar bietjie verander soos ek goed voel. Nartjies en lemoene dieselfde resep.

Halwe Nartjies:
4 kg klein nartjies
koeksoda: 1 eetlepel op 3 – 4 liter water

Sny die nartjies in halwes. Lê in water vir 2 dae.
Dreineer water af en weer skoon water op vir nog 1 dag.
Na die 3 dae, maak seker nartjies is mooi skoon en alle stingeltjies en merkies is af.
Kook nou tot skilletjies sag is in kookwater met bietjie koeksoda in (1 eetlepel op 3-4 liter)
Sodra agterkant van vuurhoudjie maklik kan ingaan, is dit gereed.
Hou die nartjies in die kookwater tot stroop om in te kook gereed is.

Stroop:
4 liter wate
3 kg suiker
sap van 3 suurlemoene, ± 12 eetlepels suurlemoensap
knippie sout

Kook die water en voeg die suiker by.
Meng sap van die suurlemoene en sout ook by.
Sit nou die warm nartjies wat nog in kookwater lê (ek skep myne sommer met my meelsif uit) in kokende stroop en kook tot nartjies mooi en deurskynend is.
Hoe vinniger dit kook, hoe ligter sal die kleur wees. Doen die pieringtoets in vrieskas om dikte van stroop te bepaal. Kooktydperk ten minste een uur.
Bottel warm.