INGELEGDE GEEL BEET

INGELEGDE GEEL BEET
6 koppies gaar gerasperde/blokkies gesnyde beet
2 groot uie, fyn gesny
1 teelepel sout
3 koppies suiker
3 teelepels kerrie
2 koppies asyn
3 eetlepels Maizena

Meng alles behalwe Mazina saam in kastrol en kook goed.
Meng Mazina met bietjie water en voeg by.
Kook goed en bottel warm.
Resep: Charlene Swanepoel