HEERLIKE FRIKKADELLE IN BRAAIPAN

HEERLIKE FRIKKADELLE IN BRAAIPAN
Bron en Foto: Ronell Muller Boshoff
foto 2:  Ronell Muller Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg maalvleis
1 groot ui, fyngekap
speserye van jou keuse
2 eetlepels asyn
3 geklitste eiers
bietjie fyn broodkrummels of oats
2 eetlepels fyn pietersielie
sout en peper

Meng alles saam en maak bolletjies so groot soos jy verkies.
Gooi bietjie water in jou braaipan met bietjie spices in en pak frikadelle in.
Kook op stadig en voeg water by as dit nodig is. My bolletjies was groot, ekt dit so 40 minute stadig gekook.

SOUS
Braai een groot ui, fyngekap saam met een pakkie gesnyde mushrooms.
Voeg garlic en herb by.
Voeg 3 eetlepels blatjang by en meng deur.
Giet die sous bo oor die frikadelle en simmer vir so 5 minute.
Bedien met mash en soetwortels.
Nota:
Ek het ‘n blikkie tamatie smoor bygevoeg met 2 eetlepels broodkrummels exstra en blatjang in maalvleis mengsel.