GEVULDE VETKOEK

GEVULDE VETKOEK
(sowat 10 – 12 vetkoeke)
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml water
2 ml sout
olie, om in te braai
6 hardgekookte eiers
een pak van sowat 500 g dun beeswors, gaar

Sif die meel en bakpoeier saam en voeg die suiker by. Meng die eiers met die water en voeg die sout daarby. Voeg hierdie mengsel by die droë bestanddele en knie tot jy ’n gladde deeg het. Verhit genoeg olie vir vlak- of diepbraai in ’n pan. Die olie moet warm wees, maar nie op rookpunt nie. As jy gewone vetkoek wil maak, sit jy ’n deegbal in die olie, braai tot goudbruin aan albei kante en dreineer. As jy gevulde vetkoek wil maak, moet jy ’n eier en/of ’n stukkie wors in deeg toedraai en dit dan diepbraai.

Foto:  Rina Kleinhans – die tekstuur is maar soos gewone bakpoeier vetkoek, maar dit is nogtans baie lekker en vinnig. Maak net seker jou olie is nie te warm nie en bak stadig dat dit reg deur gaar word voor dit te donker is, ek het ook warm olie die hele tyd oor gegooi, en hulle het mooi gerys.
Ek glo indien mens gekoopte brood deeg gebruik sal jy die lekker los tekstuur kry soos op die laaste foto