BEENMURG POTBROOD

BEENMURG POTBROOD
Potjiekos of braaivleis sonder potbrood is net nie dieselfde nie.
500 g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier of bruin uiesoppoeier
1 ml sout
1 ml rissiepeper
125 g gerasperde Cheddarkaas
125 g beesbeenmurg, stukkies gesny, rou nie te klein nie
1 eetlepel fyn gekerfde knoffel
½ fyn gekerfde ui
1 teelepel suiker

Braai gekerfde ui met suiker tot goudbruin.
Meng al die bestanddele en skep in ’n gesmeerde platboompotjie of in ’n gesmeerde broodpannetjie.
Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45 minute in ’n oond by 180°C.
Bron: Bekende Willem Arlow se resep
Resep geplaas deur en foto van: Johan Röntgen