ANNELIZE SE MUESLI BARS


ANNELIZE SE MUESLI BARS
Bron en foto: Annelizle Botha
FOOD LOVERS RECIPES
Maak die volgende baie fyn:
100 g pampoen pitte
100 g sonneblom saad
100 g kasjoeneute
100 g bruin lynsaad
100 g rosyntjies
180 g mensel van rooi bosbessie/neute/sade
Meng daarby:
2 ½ koppies hawermout
1 koppie klapper
1 teelepel kaneel
knippie sout
Meng baie goed.
Smelt die volgende saam:
½ koppie grondboontjie botter
¾ koppie heuning
¾ koppie bruin suiker
1 teelepel vanilla geursel
Meng in by droë bestanddele, meng goed deur en druk vas in goed gesmeerde bakplaat.
Bak teen 160 ºC vir so tussen 25 en 35 minute.
Bak ‘n korter tyd vir ‘n meer taai tekstuur, vir meer krakerige tekstuur bak langer.
Sny in blokkies terwyl warm en laat afkoel in pan.