ANNATJIE SE HEEL STUK MAKATAAN KONFYT



ANNATJIE SE HEEL STUK MAKATAAN KONFYT
Sny die makataan in skywe en sny die binneste dele uit . Skil die buitenste dik stukke en prik goed van alle kante en sny in 50 mm blokke.
Gebruik 5 liter water en gooi 45 ml koeksoda in en los dit op. Plaas dan die blokke in die oplossing en laat staan oornag.
Spoel dan die volgende oggend die stukke goed af en plaas in skoon water tot dit gekook gaan word
Gebruik 5 liter water en 3 kg suiker en 20 ml suurlemoensap en verhit die oplossing stadig tot kookpunt en kook dan vir nog 10 min.
Halveer die stroop en hou die ander helfte warm.
Plaas dan 1 kg stukke met verdrag in die kokende stroop.
Moenie laat dit ophou kook nie. Plaas twee of drie stukke gekneusde gemmer by en kook tot die stukke deurskynend is. Dit duur omtrent 1 1/2 uur.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Herhaal dan met die volgende kg stukke en vul die sous aan as dit minder raak met die sous wat warm gehou word.
Sorg dat die stroop waarin jy kook altyd kook.
Ek het drie kg stukke gedoen met die sous.
Nota: Annatjie Kotze
Baie mooi gekom…Gideon! pragtig! en as jy dit die groen kleur wil behou…gooi jy so ‘n mespuntjie blou vitrioel in die kokende stroop voor jy die stukke begin insit…te kry by Apteke..as ek nie maketaan kan kry nie…doen ek dit met gewone waatlemoen ook wat lekker dik skil het…sny net die rooi van waatlemoen goed uit…ek bly nou in Hartenbos…kry gladnie hier rond nie..sal seker kry as ek rondvra…soek paar pitte…dan plant ek dit self..lekker eet en geniet dit…my mond water nou..van lus.
Bron: Annatjie Kotze
Foto: Gideon Louw