VENITA SE “LEMON MERINGUE PIE”


VENITA SE “LEMON MERINGUE PIE”
Resep en foto: Venita Van Wyk
FOOD LOVERS RECIPES
Kyk, ek het darem die naweek LEKKER gekuier op FLR se webtuiste! My man geniet die eindresultate vreeslik!
Hierdie was die lemon meringue (EERSTE een in my HELE LEWE wat ek bak wat nie uit sopbeker gedrink hoef te word nie!)
1 blikkies kondensmelk
3 eiers
½ koppie suurlemoensap
½ koppie strooi suiker
koekies en botter vir kors
Verhit oond tot 160°C
Skei die eiers.
Klits eierwitte tot styf.
Voeg strooisuiker geleidelik by eierwitte en klits.
Meng eiergele en voeg kondensmelk by.
Meng die suurlemoensap by die eiergeel mengsel.
Klits tot die mengsel begin stol.
Skep in die voorbereide kors.
Sit meringue op en versprei eweredig.
Bake vir 25 minute by 160°C.
Laat afkoel en EET EET EET!
(Ek het ekstra eiergele bygegooi, want ons hoenders in Windhoek se LARGE eiers is maar KLEIN……. 😉