SPAANSE EENPOTGEREG


SPAANSE EENPOTGEREG
Sous
125 ml tamatiesous
40 ml sojasous
10 ml kerriepoeier
10 ml droë gemengde kruie
500 ml water
Gereg.
2 uie, in ringe gesny
1 groot soetrissie, in repe gesny
Olie om in te braai
250 g knopiesampioene, gehalveer
3 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
500g maer gemaalde beesvleis
250 ml rou rys
1 groot eiervrug, in blokkies gesny
Sout en vars gemaalde swartpeper
2 groot aartappels, geskil en in skywe gesny
Laat prut bestanddele vir sous 10 minute lank.
Gebruik groot swartpot en soteer ui en soetrissie tot sag.
Voeg sampieoene by en roerbraai tot ligbruin.
Voeg tamaties by en soteer tot sag. Skep uit
Braai maalvleis bietjie vir bietjie tot gaar en skep uit
Braai rys effens bruin.
Skep al die gebraaide bestanddele terug in pot
Voeg eiervrug by en geur mildelik met sout en peper
Giet helfte van sous oor.
Pak aartappelskywe bo-op
Giet res van sous oor en vul aan met warm water indien nodig.
Die gereg behoort gaar te wees as al die vleistof geabsorbeer is . roer so min as moontlik.
Genoeg vir 6 mense.
( Ek los die eiervrug uit omrede ek dit nie eet nie en dis nogsteeds heerlik)
Resep gepos deur Steffi Terblanche
Foto: Adam Cloete