ONFEILBARE SKONS


ONFEILBARE SKONS
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
sout
2 eier
1 koppie melk
½ koppie olie

Meng die droë bestanddele. Klits die eier, melk en kookolie saam en meng
met droë bestanddele. Bak in kolwyntjie pannetjies vir ongeveer +/- 10 min by 200 ºC ( 12 standaard skons)

VIR KAASSKONS:
Gooi handvol kaas in beslag, gooi gerasperde kaas bo-oor, bietjie pietersielie en paprika.
Moet by sê deeg was nog te nat en ek wil my deeg uitrol en self uitdruk….glo mens kan daai metode gebruik, maar ek het net nog meel bygevoeg tot dit bind en reg is om uit te rol. My beslag dubbel aangemaak.
Omdat ek dit groot dik skons gemaak het was dit ook langer in oond en langer gebak tot goud bruin en gaar.
Eerste keer wat ek olie gebruik inplaas van botter of margarine ….en ek het al BAIE skons gebak….maar mense die is ‘n wenner.

Bron: Lillian Olivier
Foto 1: Lillian Olivier en Mariska Louw
Foto 2: Bettie Zeelie
Nota: So het my scones uitgekom ek het dit by 180 grade gebak vir 15minute