MAKLIKE IDEES VIR GEVRIESDE ETES

MAKLIKE IDEES VIR GEVRIESDE ETES

BOELIEFIEF PASTAGEBAK
Kook so ongeveer 300 g pasta
Braai 1 ui
Braai 2 tamaties
Sny 1 blikkie se boeliebief in skywe en braai.
Voeg blik heelpitmielies in.
Maak ‘n kaassous.
Meng pasta, boeliebeefmengsel en kaassous saam.
Skep in oond bak gespuit met spray and cook en rasper kaas oor.
Bak by 180° C  tot kaas gesmelt en gereg deur warm is.

LAMSBREDIE
Braai 2 uie
Braai lamstukke
1 lepeltjie kerrie
Loerierblare
Laat prut in ‘n koppie chardonnay wyn en ‘n koppie lamsaftreksel tot sag
Skep in porsie bakkies.

BOBOTIE
Braai 1 of 2 uie, opgekap.
Braai so eetlepel kerrie en so 2 eetlepels appelkooskonfyt.
Braai ongeveer 1 kg maalvleis.
Voeg ± 1 koppie rosyne by.
Week so 2 snye brood in melk (hang af hoeveel bobotie jy maak)
Voeg die volgende by:
Bietjie asyn (½ koppie)
Bietjie blatjang (8 eetlepels)
Laat alles prut tot gaar.
Bak in ‘n 180°C oond vir so 20 minute.
Laat afkoel en vries.
Die dag wat ek dit maak, sit ek die eiermengsel by.
So 3 eiers en ¾ koppie melk.
Klits en giet bo-oor bobotie, bak weer tot eier gestol is

MAALVLEIS VIR PASTA/RYS/HERDERSPASTEI
Braai 1 ui
Braai 2 groen soetrissies
Braai 1 pakkie sampioene
Braai 3 knoffeltoontjies
Braai maalvleis met sout en peper
Voeg 1 pakkie tamatiepasta by
2 blikkies tamaties met kruie
Bietjie worcestersous en blatjang.
Laat prut tot gaar.

LASAGNE
Braai 1 ui
Braai 1 kg maalvleis
Voeg 1 pakkie tamatiepasta by
Voeg so 3 blikkies italiaanse tamaties by
Bietjie rooiwyn
Voeg maalvleis by en laat prut
Maak ‘n witsous
Spuit bak met spray and cook
Laag lasagne velle
Laag maalvleismengsel
Laag witsous
Herhaal
Strooi kaas oor en bak by 180°C tot lasagne vel sag en gaar is.

SOP
Braai 1 ui
Braai pak blokkiesvleis
Pak sopgroente, geskil en grof gekap
1 blik tamaties
Bietjie worcestersous, blatjang en asyn
Laat kook tot sag

Resepte en foto: Anna-Marie Phillips