MAAK JOU EIE CAPPUCCINO

MAAK JOU EIE CAPPUCCINO
Maak 3 koppies mengsel
Met hierdie resep kan jy 3 x soveel cappuccino kry as die gekooptes. Dit werk baie goedkoper uit. Verdubbel mengsel aangesien jy die bestanddele het.
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie Ellis Brown of Cremora
1 koppie hot chocolate bv. Nestlè
⅔ koppie koffie van jou keuse
½ suiker of strooisuiker (kan dit los sodat elkeen sy eie suiker kan ingooi na smaak)
½ teelepel kaneel
¼ teelepel neut

Sif al die bestanddele 2 of 3 keer saam sodat dit goed kan meng.
Om 1 koppie te maak roer 3 eetlepels (minder of meer na smaak) in warm water uit die ketel.
Wenk: As jy eers die mengsel met ‘n bietjie warm water aangemaak het, hou die ketel in die lug en gooi ‘n dun straaltjie water (so hoog bo die beker as moontlik) in die beker en jou cappuccino sal skuim.
Nadine Schoeman:
Het die resep ook vir jare gedoen toe ek koffiekroeg gehad het. Baie lekker met nog bietjie filter koffie by.  Klits tot als opgelos het en dan gooi ek soms warm melk in. Heerlik!