LEWER EN NIERTJIE KOEKIES EN MIELIEKOEKIES

LEWER EN NIERTJIE KOEKIES EN MIELIEKOEKIES
8 niertjies
± ½ skaap lewer
2 uie
3 aartappels
Maal bogenoemde alles saam.
Meng by:
2 teelepels asyn
1 koppie koekmeel
2 eiers
6 teelepels bakpoeier
‘n knippie sout en peper

Braai in diep olie.

Vir die mielie koekies
1 blik sweetcorn
1 koppie koekmeel
5 ml braai spice
5 ml sout
1 middelslag ui, fyn gekap
4 eiers
Meng alles saam en bak lepels vol in diep olie. Gooi Aromat na smaak oor.

Bron en foto: Christo Schmidt