LEKKER DOOPSOUSE

LEKKER DOOPSOUSE

1 bakkie roomkaas, 1 avokado peer, 1 x fyn gekapte sprietuie, 1 argurtjie, 20ml tobacco sous
Bron: Elaine Schoeman

Een tub 250 Suurroom, een pakkie wit uie soppoeier meng en geniet
Bron: Monique Henning

1 x bakkie geroomde maaskaas
1 x pakkie bruin uie soppoeier.
Meng als goed saam. Dis baie lekker
Bron: Lindy Mans Van Heerden

Lekker chip dip : 1 bakkie maaskaas,
2 eetlepels “sweet chilli sauce”,
1 teelepel gerasperde ui,
1 fyngemaakte gekookte eier (opsioneel).
Meng alles saam. Geniet
Bron: Geraldene Camons Cartwright

Ons geniet dit om 1 x houer roomkaas of 1 x houer maaskaas te meng met so lepeltjie Kerrie paste. Selfs die kinders geniet dit.
Bron: Karien De Swardt Oosthuizen

Probeer 1 x suurroom en 1 avokado peer gemeng met bietjie suurlemoensap, sout en pepper na smaak
Bron: Anneke Geldenhuys

Kap 1 botteltjie gekleurde uitjies baie fyn!(Dreineer eers asyn)
Gooi half blikkie kondensmelk by en dan mayonnaise totdat mens nie die kondensmelk of mayonnaise proe nie en bietjie sout en swartpeper en roer deur! Sal jou vingers aflek!
Bron: Marthie Strydom

Foto: Geleen van internet