ILLSE SE GUNSTELING PASTA EN MAALVLEIS GEREG

ILLSE SE GUNSTELING PASTA EN MAALVLEIS GEREG
250 g pasta – apart gaargemaak volgens aanwysings
1 pakkie maalvleis
1 pakkie klein mielies, klein gesny
1 pakkie knopie sampioene, in kwarte gesny
1 rooi slaai pepper, blokkies gesny
1 groen slaai pepper, blokkies gesny
1 ui, fyngekap
2 knoffel, fyn gekap
100 g klein spinasie blaartjies
sout en peper na smaak
1 Beef ekstrak blokkie
1 handvol vars basielie, fyngekap
1 groot handvol vars pietersielie, fyngekap
1 eetlepel Sjerrie asyn of rooiwyn asyn
500 ml Passata
2 eetlepels tamatie puree
1 eetlepel elk olyfolie en botter
1 teelepel Robertson steak & chops spesery mengsel

Braai uie en knoffel tot deurskynend in olyfolie en botter.
Voeg al die groente behalwe die spinasie by en roerbraai ‘n paar minute.
Voeg maalvleis by en roerbraai tot bruin.
Voeg passata, puree en bief ekstrak en spesery mengsel by. Meng goed deur. Voeg ook asyn by.
Prut op lae hitte vir 20 minute.
Voeg basielie & pietersielie by asook spinasie en roer deur vir so minuut of twee tot spinasie blare sag is.
Kook intussen ook die pasta sodat alles saam gaar is. Dreineer pasta en voeg by vleis mengsel. Voeg sout en grofgemaalde peper by na smaak.
Bedien warm met sterk Cheddar of Parmesaan kaas bo-op gerasper.
Bron en Foto: Illse Anthony Martheze