HEERLIKE KAASSKONS MET JOGURT

HEERLIKE KAASSKONS MET JOGURT
500 ml bruismeel
50- 70 ml semels
10 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd
250 ml kaas
60 ml olie
1 eier
1 houertjie vanilla- of plain jogurt (100 g)
15 ml asyn
ongeveer 80 ml melk

Meng die droë bestanddele saam en voeg die kaas by.
Meng olie, jogurt, asyn, melk en eiers, gooi by meel mengsel en meng goed.
Deeg is styf maar nie te styf nie,(pas melk aan indien nodig) skep met ‘n lepel in muffin pan (6) en bak vir 20 min by 180 ºC of tot toetspen skoon uitkom.
Vir die klein muffin pannetjie (12)  bak vir 15 min by 180 ºC.

Resep en foto: Rina Kleinhans