ELMARIE SE KORSLOSE QUICHE
2 bossies vars spinasie opgekap
2 medium uie fyn opgekap
1 pakkie mushroom
2 pakkies bacon
Feta opsioneel.
Kook spinasie vir 10 tot 15 min met sout en peper na smaak.
Braai uie bacon mushroom saam tot crispy voeg spinasie by en roer braai alles lekker saam. Sit dit oondvaste skottel wat gespuit is met spray n cook. Sit feta bo oor
Klits die volgende saam
6 eiers
1 kop melk
1 kop room
1 kop bruismeel
1 kop gerasperde kaas
Sout en peper opsioneel.
Gooi bo-oor vulsel en bak by 180 grade vir 30 min.
Bron en Foto: Elmarie Bekker