DALEEN SE KOOL FRIKKADELLE


DALEEN SE KOOL FRIKKADELLE
Smeer of spuit ‘n Oondpan. Voorverhit Oond tot op 200°C en maak frikkadelle van jou keuse.
1 kg rou maalvleis
4 snye brood, gekrummel
1 fyn ui
knoffel, opsioneel
Worcestersous, tamatiesous, geurmiddels, sout, peper en pietersielie, na smaak
1 eier, om te bind
Maak balletjies ongeveer eier grootte.
Neem mooi skoon koolblare geweek in kookwater, die harde gedeelte verwyder om maklik om frikkadel te vou. Sit balletjies elk binne ‘n koolblaar en vou mooi toe, oopkant na onder. Plaas in die oondpan of geskikte glasbak vir hoeveelheid kos en blare beskikbaar. Gebruik net die groen gedeelte van die koolkoppe. Sodra almal klaar is, sprinkel ‘n bietjie goeie kookolie bo-oor en sout en peper. Sprinkel oorblywende maalvleis bo-oor asook enige indien daar oor is groen blare gesnipper, wat later jou sous sal word. ‘n Blik tamatie en uie smoor van jou keuse eweredig versprei bo-oor en so ‘n eetlepel of twee suiker om die suur van die tamatie/uie te demp. Plaas bak toegemaak in oond by 200°C vir so halfuur om spoed te vang en begin kook/stoom/bak dan oop vir verdere 20 min tot 30 min oop by 180°C of tot liggies bruin bo-op. Hou sous dop. Bedien op rys. Geniet!
Nota: die oorblywende kopkool word gebruik vir gebraaide boeliebeef gebak of gekook met aartappels, uie en tamatie gemash.
FOTO EN RESEP: Daleen Terblanche