VANILLA SPONSKOEK MET MANGO GRANADILLA MOUSSE VULSEL


VANILLA SPONSKOEK MET MANGO GRANADILLA MOUSSE VULSEL
Mousse
1 blikkie ingelegde mango gedreineer en verpulp
1 blikkie granadilla pulp
2 koppie room
2 pakkies vanilla kitspoeding
1 bakkie roomkaas (230 g)
½ koppie strooisuiker
Maak die kitspoeding aan met die room en roer die roomkaas by asook die strooisuiker.
Roer die mango en granadillas by die mengsel, sal dadelik dikker word terwyl jy klits.
Verkoel tot benodig.
Ek het die vulsel die vorige aand gemaak om seker te maak hy is styf genoeg en dat die mango geur lekker kan meng met die ander bestanddele.
Vanilla Sponskoek
3 eiers geskei
1 koppies suiker
1 koppies koekmeel
Knippie sout
5 ml vanilla
125 ml olie
125 ml kookwater
3 teelepel bakpoeier
Klits eiergeel en suiker tot lig en donsig.
Voeg olie en warm water asook vanilla by eiermengsel.
Sif droë bestanddele by en meng deur.
Klits eierwitte styf tot sagte punte vorm en vou by die beslag in.
Skep in ‘n gespuite koekpan en bak vir 40 min by 180 ºC of tot sosatie stokkie skoon uitkom.
Ek het die koek in lae gesny en begin om ‘n laag koek terug te plaas in die koekpan toe het ek mousse opgespuit uit spuitsak. Weer ‘n laag koek, weer mousse en geeindig met ‘n sponslaag.
Ek het hom oornag in die yskas gelos om seker te maak die lae stol mooi.
Ek het daarna hom uitgekeer op my opdienbord en ‘n laag mousse bo op gespuit en net mooi glad gemaak met my slaplem mes.
Ek het nie onder ‘n laag mousse gesit nie. Dit wat jy sien is die mousse wat ek rondom gesmeer het wat maar net die gaping opgevul terwyl ek dit gesmeer het.
Bron en Foto: Willem Bierman
Foto: Frances Smith – versiersel vir blomme is die versiersel op die stoof resep.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/09/heerlike-versiersel-op-die-stoof/
