TESSIE SE PLATBROOD


TESSIE SE PLATBROOD
Bak tyd vir brood 60 min, oond 150ºC
Bak tyd vir plat brode 45 min
(Plaas n oonvaste bak met warm water onder in oond vir tyd van bak proses)
Bestanddele vir gewone brood:
6 koppies koekmeel
(1 koppie meel extra as deeg dalk the nat is voeg bietjie vir bietjie by terwyl jy knie/ dit hang van vog gehalte van meel af )
1 tot 2 teelepels sout
Sif 6 koppies meel en sout saam in groot genoeg bak om in te knie
1 sakkie kits gis
2 eetlepels suiker
2 eetlepels koekmeel
Meng gis poeier, suiker en meel saam in n 1 liter beker. Voeg 1koppie lou water by en roer goed sodat suiker oplos en daar teen klonte is nie. Voeg nog n koppie lou water en 75ml kookolie be en laat rys todat daar n skuim laag bo op gismengsel is.
Meng gismengsel by meel mengsel en meng met n slaplem mes of houtlepel. Knie nou tot deeg elasties is . Voeg lou water by as deeg the styf is gedurend knie proses of meel as dit te nat is (knie proses is afgehandel as deeg nie meer aan bak of hande vassit nie . Smeer olie oor deegbol, bedek met plastiek en kosdoek en laat rus op n warm plek tot deeg verdubbel het. Knie af maak brode – laat weer rys tot deeg verdubbel het en bak vir 60 minute by 150ºC.
Keer brood uit, sprinkel effens met koue water en maak toe met kosdoek tot dit effens afgekoel is .
Vir Knoffel en Kruie Plat Brood
Vorm deeg soos vir Franse brood, plaas op bakplaat, druk plat en sny skywe bo in nat deeg brode met n skerp mes.(ek spasieer myne sodat jy porsies kan afbreek en nie nodig het om te sny nie. Sny skywe so 2 cm uit mekaar / moenie deur sny )
meng :
1 teelepel fyngekapte gekneuse knoffel
1/2 teelepel tiemie
1 teelepel gekapte pietersielie
1/4 teelepel paprika
1/4 koppie olyf olie
meng goed en smeer in gleuwe op brood
Strooi growe see sout bo oor. laat rus tot brode verdubbel het in groote
Bak vir 45 min teen 150ºC.
Bron en foto: Tessie Pretorius