SOETMELK HOT CROSS BUNS (ROSYNTJIEBROOD/BESKUIT)



SOETMELK HOT CROSS BUNS (ROSYNTJIEBROOD/BESKUIT)
Resep en foto: Tessie Pretorius
2de Foto: Wilma Batt
FOOD LOVERS RECIPES
1 sakkie kitsgis (pers sakkie)
1 blikkie kondensmelk
200 ml smeer – wooden spoon in mikrogolf tot gesmelt (moenie te warm wees dit kan jou gis brand)
2 teelepel suiker
2 teelepels koekmeel
Meng kitsgis, suiker en meel in n 1 liter beker voeg ‘n koppie lou water by en roer goed. Voeg kondensmelk en smeer (olie/margerien) by – laat rus ‘n rukkie – as jy mengsel roer maak dit skuim – voeg lou water by tot jy so 800 ml het.
Sif saam
6 koppies koekmeel
1 plat teelepel sout
Voeg 200 g pitlose rosyne by en die melk en gis mengsel.
Werk deur met ‘n slaplem mes – knie daarna goed ( voeg meel of bietjie water as deeg te nat of te droog is – knie todat bak en hande skoon is, geen deeg wat aan bak of hande vasit is ‘n teken dat jou knie genoeg was en deeg lekker elasties is).
Smeer deegbol bietjie olie en bedek met plastiek tot dit verdubbel het – knie deeg af, maak bolle, pak in pan en laat weer rys tot verdubbel het .
Bak in oond van 150 ºC vir 40 min en verhoog hitte na 180º C vir nog ongeveer 10/20 min of meer. as jy op brood of beskuit klop met ‘n kneukel moet dit hol klink.
Nota: Wilma Batt
In plaas van bolletjies het ek beskuitbrode gebak. Soveel makliker as bolletjies rol.