PLOEG SKAAR HOENDER OF SWARTHOENDER

PLOEG SKAAR HOENDER OF SWARTHOENDER
2 groot uie gekerf
1 houer sampioene gekerf
2kg hoender porsiese sonder vel
sous
1kp worcestersous
1kp tamatiesous
1/2kp olie
1/2kp asyn
sout en peper na smaak
Braai uie tot effens bruin, gooi sampioene by en braai tot gaar. Plaas uiemengsel in ‘n groot genoeg oondbak met ‘n deksel. Braai hoender liggies tot net mooi kleur. Plaas dit bo op die uiemengsels in die bak. Meng die res van die bestandele en gooi oor die hoender. Plaas die deksel op en bak by 180 grade C vir ongeveer 2 ure. As die sous te dik begin raak, kan jy bietjie warm water bygooi. Bedien met rys of stysel van jou keuse.

Aangepas uit ou resepte boek:  Rina Kleinhans