MOSTERD HOENDERPORSIES


MOSTERD HOENDERPORSIES
6-8 hoenderporsies
½ koppie Dijon mosterd
1 teelepel heel korrelmosterd
¼ koppie heuning of stroop
1 eetlepel appelasyn of rys wyn asyn
sout, vars gemaalde swart peper en hoender speserye
Vars roosmaryn om mee te bedien indien verkies

Verhit die oond tot 200ºC, pak die hoender in ‘n oond bak en sprinkel sout, peper en spesery oor na smaak altwee kante.
Meng die heuning, mosterd en asyn en gooi oor die porsies.
Sit in die oond vir 45 min, draai om en skep weer sous oor, bak tot hoender net gaar en bruin is. As jy borsies gebruik, moenie te lank bak nie dan gaan dit droog wees. Bedien saam met kapokaartappels en slaai, skep van die pansous oor die hoender. Gooi bietjie vars roosmaryn oor vir garnering maar dit is ook heerlik saam met die mosterdsous.
Foto en resep geplaas deur Rina Kleinhans