MARINADE VIR WILDSVLEIS STUKKE


MARINADE VIR WILDSVLEIS STUKKE
Resep: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie marinade werk perfek vir wildsvleis. Ek het dit al menige kere gebruik vir enige wildstuk met groot sukses.
2 koppies Passata tamatie pasta sous – enige tamatie basis pasta sous sal werk solank dit ‘n dik sous is (jy koop dit in ‘n glasbottel, geen geurmiddels bygevoeg net tamaties wat dik gekook en versap is)
1 koppie rooiwyn
1 koppie Steers Burger Relish (dit was in die yskas toe gebruik ek dit maar!)
½ koppie olyf olie
1 groot gekapte ui
4 huisies knoffel fyn gedruk
1 eetlepel roosmaryn – droog
Meng die sous bestanddele saam en giet oor die vleis in ‘n oondskottel.
Maak goed toe met foelie of sit deksel op en bak by 160ºC vir so 4 ure.
Draai halfpad die vleis om en skep weer die sous oor die vleis.
Ek het eers heel op die einde sout oor gegooi.
Hierdie resep het ek bymekaar gesit vir ‘n rooibok nek wat so ongelooflik sag was dat jy die vleis met ‘n vurk van die bene kon afkrap, maar dit sal vir enige wildsvleis werk en ek glo jy kan met sukses die vleis oornag in dit marineer in die yskas ook.