MAGIC MELKTERT MET N KLAPPER BO LAAG

MAGIC MELKTERT MET N KLAPPER BO LAAG
4 eiers geskei en wit styf geklop tot dit punte vorm
5 ml vanilla
1/8 teelepel sout
3/4 koppie suiker
3/4 koppie selfraising meel
3/4 koppie klapper
125 gram wooden spoon margarien
3 koppies lou melk
Ver room eiers, suiker,margarien en vanilla . Voeg melk en meel bietjie op n slag by mengel terwyl jy dit klop/klits ( lyk soos pannekoek beslag ) vou styf geklopte eierwit en klapper in . Gooi oor in n 8″ bak vir oond gebruik
Bak 1 uur lank by 170 -180 grade C
Foto en Resep: Tessie Pretorius