MA MAGGIE SE HEERLIKE LEWERKOEKIES

MA MAGGIE SE HEERLIKE LEWERKOEKIES
Hier is bestanddele om by gemaalde lewer te voeg.
2 snye droë brood
2 eiers, net geklits
3 eetlepels meel
¾ teelepel koeksoda
so 1 eetlepel asyn
bietjie fyn naeltjies
1 teelepel sout, genoeg swart peper, genoeg uie, fyngemaak

Meng alles deeglik, ek voeg laaste die asyn by. Deesdae voeg ek ook bietjie barbeque speserye by.
Skep lepelsvol in matige warm olie, bak totdat 1 kant bruin is, draai om, bak bruin en dreineer op kombuispapier.
Heerlik saam met kapokaartappels, slaai, selfs groen ertjies gaan lekker saam. Smaak ook volgende lekker as koud.
Selfs mense wie nooit lewer wou eet nie, smul te heerlik hieraan. Ek dink die koeksoda speel ‘n groot rol in smaak verbloem.
Mag vele mense heerlik hieraan smul.
Bron: Annie Kriel
Foto:  Adam Cloete