LEKKERSTE CALAMARI


LEKKERSTE CALAMARI
Vat jou calamari ringetjies en gooi dit in n bak met water waarin 4 eetlepels koeksoda geroer is. Laat die daarin lê vir so 3 – 4 ure. Hoe langer dit lê hoe sagter is dit. Haal dan uit en spoel dit baie goed af met kouewater. Vat nou klein pakkie selfrasing meel en gooi daarby 2 tl sout en halwe potjie vis speserye , maar die Robertsons maak. Meng deur. Gooi calamari ringetjies daarin en druk meel met hande goed vas. Bak dan in deepfryer verkieslik in baie warm tot crispy. As nog sout kort strooi sommer so oor warm calamari in bak. Ek maak n geelrysie daarby. Tartar sous of suurlemoensap of smelt botter met knoffel daarin en gooi oor. Jy sal jou calamari nooit weer anders maak nie.
Resep: Maureen Jansen van Rensburg