JOEY SE KRUMMELS VIR HOENDER


JOEY SE KRUMMELS VIR HOENDER
100 ml koekmeel
2 teelepel sout
peper na smaak
20 ml hoender aftreksel poeier fyn gemaak
100 ml sagte broodkrummels
1 ml kerrie poeier
2 ml paprika
1.5 kg Hoenderporsies
Voorverhit oond 180ÂșC.Bespuit oondvaste bak, Meng al die bestanddele buiten die hoender, rol elke stukkie in krummels, en pak in voorbereide oond bak. Bedek die bak met foelie en bak 60min, verwyder foelie en bak tot mooi bruin. Dien op met groente of slaai, Genoeg vir 6-8 mense.
(Ek gooi my krummels in ‘n plastiese sakkie met so 4-5 boudtjies of stukkies, en skud goed om lekker te bedek met die krummels)
Foto en resep: Joey Esterhuizen