IRMA SE VANILLA PLAATKOEK



IRMA SE VANILLA PLAATKOEK
Ek het my vanilla plaatkoekresep gebruik en 1 groot koek gebak wat ek deurgesny het vir 2 lae.
Klits saam tot romerig:
330 ml suiker
5 eiers
5 ml vanieljegeursel
Voeg bymekaar in beker en mikrogolf vir 3min op hoog:
165 ml olie
500 ml water
Sif saam:
825 ml koekmeel
halwe teelepel sout
30 ml bakpoeier
Voeg oliemengsel by eiermengsel. Voeg dan droë bestanddele by en klits net tot goed gemeng.
Bak vir ongeveer 30/40 min by 160°C (vir waaieroonde) en 180°C gewone oond.
Resep en foto: Irma Van Ellewee Swart
2de Foto: Marika Tegmann