GLANS VERSIERSEL VIR ALLE SOETGOED


GLANS VERSIERSEL VIR ALLE SOETGOED
Hierdie versiersel kan op basies enige soet gebak gebruik word. Van koekies tot koeke!
250 ml versiersuiker
30 ml kook water (2 el)
2 ml vanielje geursel of suurlemoensap
2 ml kleursel van keuse
Sif die versiersuiker en voeg genoeg water by om die mengsel glad te maak.
Geur soos dit jou pas en voeg eerder gel kleursel by in plaas van die loperige soort wat die versiersel dalk nog dunner kan maak.
Hierdie versiersel kan maklik te loperig wees, gooi die water spaarsamig by.
HOEVEELHEID: 250 ml.
Resep: Annelien Pienaar
Glansversiersel:
300 ml versiersuiker, gesif
50 ml kookwater
Meng versiersuiker en kookwater en smeer oor. Laat in koelkas totdat die glansversiersel geset het.
Bron: Rina Kleinhans