GIDEON SE PAASBOLLETJIES


GIDEON SE PAASBOLLETJIES
10 g kitsgis
1 koppie lou warm melk
1/4 koppie witsuiker
500 g koekmeel
1 teelepel sout
1/4 koppie water
50 g botter in blokkies gesny
1 koppie rosyne
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel gemengde speserye
Afronding :
1/4 koppie koekmeel
1/4 koppie water
1/4 koppie heuning wat verhit is
Voer ‘n groot bakplaat met bakpapier uit en spuit met kos sproei
Meng die gis helfte van die suiker en die melk in n maatbeker en laat staan vir 30 min op n warm plek tot dit ‘n dik laag skuim bo op vorm
Plaas die meel die res van die suiker die sout rosyne kaneel en speserye by in die bak van ‘n menger met ‘n deegkaak ( ek’t dit met die hand gemeng )
Giet die gismengsel geleidelik by terwyl die menger op ‘n stadige spoed is
Giet die water bietjie vir bietjie by as die deeg ‘n bietjie styf is
Voeg die botter by en laat die menger nog 10 min vinnig knie of tot die deeg ‘n bal om die haak maak en nie meer klewerig is nie
Bedek dit en laat rys vir 40min op ‘n warm plek tot dubbel in vlume
Knie die deeg dan liggies af en vorm agt balle van tennisbal groote
Pak dit op die bereide bakplaat en laat rys vir nog 30 min
Bak vir 30min in ‘n voorverhitte oond op 180 grade C
Afronding:
Meng die koekmeel en water en skep in ‘n spuitsak en spuit ‘n kruis op elke balletjie
Verf dan met die louwarm heuning
En siedaar
Foto: Gideon Louw