DRIE LAAG SJOKOLADE MOUSSE KOEK

DRIE LAAG SJOKOLADE MOUSSE KOEK
200 g Oreo koekies fyn gekap
60 g gesmelte botter
Meng goed en druk vas in ‘n 20 cm ronde koekpan met los bodem.
Strooi 1 teelepel gelatin poeier oor 20 ml koue water.
Laar swel vir 5-10 min.
142 g semi soet sjokolade
1/2 koppie Whipping Cream
Smelt oor pot pruttende water in glass bak.
Los gelatine oor lae hitte op.
Meng met Sjokolade.
Laat koel word.
Klits 2/3 koppie verkoelde whipping cream tot punte vorm.
Meng met koel sjokolade en giet oor koekiekors, maak gelyk en verkoel terwyl jy die volgende laag maak.
Herhaal stap 2 – 4 met ander kleure sjokolade.
Nadat al 3 lae klaar is verkoel vir 4 ure of oornag.
Sny rante los uit.
Strooi kakao oor voor opdiening.

Foto en resep: Liza-Mari Rheeders