DJ’S KOEJAWEL SPONS NAGEREG

DJ’S KOEJAWEL SPONS NAGEREG
1 blik 410 gr koejawels (koo)
1 pakkie rooi jellie
200 ml kookwater
250 ml melk
2 hoogvol teelepels maizena
100 ml koue water
2 eetlepels suiker
4 groot eiers geskei
kersies of extra koejawel skywe en geklopte room vir garneering


Maak die jellie aan met kookwater in verwerker met kaplem.
Voeg koejawels en jelliemengsel by – meng goed tot koejawels fyn gekap is.
Skei die eiers, bring melk tot amper kookpunt, verwyder van die hitte.
Meng in ‘n klein bakkie die maizena, suiker, 100 ml koue water en eiergele. Meng goed – voeg die mengsel by die warm melk en plaas terug op hitte tot verdik en gaar.
Laat die pot afkoel in ‘n bak met yswater. Sodra afgekoel voeg by koejawel mengsel – plaas in yskas tot dit amper begin stol.
Klits die eierwitte tot stywe punt stadium en vou met ‘n houtlepel in koejawel mengsel in – plaas oornag in yskas voor bediening.
Versier met kersies en vars styfgeklopte room
Bron:  eie resep en foto / resep genoem na my seun – Tessie Pretorius