CHELSEA BUNS MET GLASEERSEL

CHELSEA BUNS MET GLASEERSEL
Deeg:
2 en 2/3 koppies meel
3 eetlepels witsuiker
1 teqelepel sout
1 pakkie gis
1/2 koppie water
1/4 koppie melk
2 eetlepels botter
1 groot eier
Vulsel:
1/4 botter
2 eetlepels kaneel poeier
1/4 koppies bruinsuiker

Glanseer:
1 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilje ekstrak
3 eetlepels melk

In n groot bak, meng die meel, suiker, sout en gis.
In kleiner bak, verhit die water, melk, botter tot gesmelt.
Meng die nat mengsel met die droë mengels.
Voeg eier by. Meng alles tot n bal vorm.
Laat dit rus vir 5 min.

Voor verhit oond tot 200°C
Na 10min draai dit af
Sit die deeg in die oond vir 5min
Haal die deeg uit die oond en rol dit uit tot reghoek vorm.
Voeg die botter en smeer dit oor en sprinkel met kaneel en bruinsuiker.
Rol dit in n wors en sny in stukke.
Pak in bak wat vooraf met botter of spray&cook berei is.
Sit deksel op bak en sit die oond (wat af is) vir 20min om te reis.
Haal die deksel af en draai oond tot 190°C en bak vir 20min.
Meng glasiering en skep oor die buns.

Bron: Cecil Dunhin