CHARMAINE SE GROENBOONTJIE ROERBRAAI

CHARMAINE SE GROENBOONTJIE ROERBRAAI

Volgens die hoeveelheid mense wat gaan eet:
Mushrooms
Groenboontjies
Cherry Tamaties

Braai mushrooms heel of gesny in bietjie botter. Voeg gestoomde groenboontjies by en die gehalveerde tamaties. Braai tot als gemeng en sag na smaak is. Strooi bruin aromat oor terwyl jy braai. Knoffel kan bygevoeg word wanneer jy groenboontjies bygevoeg het.

Resep en foto: Charmaine Van Staden

Jeanne Lombard
Ek maak dit, maar voeg soya sous & heuning & suurlemoen by – lekker verby!

Trudie Badenhorst
Ek braai uie ringe, karamaliseer dit met bietjie suiker. As dit begin verbruin gooi ek gehalveerde mushrooms en knoffel by, braai vinnig dat mushrooms nog ferms is en skep uit. Dan braai ek my gevriesde boontjies medium hitte in olie. So 7 min of sag soos jy verkies. Dan gooi ek mushrooms en uie daarby, roer deur en dan room en laat stadig prut vir so 10 min.