CHARLEEN SE BEESSTERT SOP
Bestanddele
1,2 kg beesstert
2 x knorr beef stock pots
4 liter water
1/2 koppie rooiwyn
2 bay leaves
1/2 teelepel tiemie
4 wortels gerasper
4 aartappels gerasper
2 groot preie(leeks) opgekerf
Twee seldery stingels opgekerf
Seldery blare (Ek gebruik baie want ek hou van die geur en smaak) opgekerf
1/2 koppie rooi lensies
1/2 koppie soup mix
2 pakkies knorr oxtail and vegetables soppoeier
2 pakkies knorr thick vegetables soppoeier
Metode
Week rooi lensies en soup mix in water vir so uur. Braai beesstert tot bruin. Voeg stock pots, wyn, 2 liter water en bay leaves by. Stoom vir ten minste 40 minute.
Ek gooi die vleis met vloeistof waarin dit gekook het oor in n groot sop pot. Dan voeg ek die die res van die bestandele by. Behalwe die soppoeier. Laat die sop prut op medium hitte vir so uur. Meng die soppoeier met water en voeg by sop mengsel. Laat prut vir verdere half uur. Geur met sout en peper.
Bron en Foto: Charleen Nieuwenhuizen