ANDERSTE BOLOGNAISE SOUS



ANDERSTE BOLOGNAISE SOUS
50 ml botter
50 ml olyfolie
2 eetlepels Italiaanse gemengde kruie
4 lourierblare
2 – 3 rooi uie in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, gekap
500 g maalvleis (ek gebruik steak mince – nie lean nie)
1 koppie witwyn (ek gebruik paarl perle)
3 – 4 preie (leeks) in fyn ringe gesny
2 pakkies ontpitte swart/calamata olywe in ringe gesny
1 eetlepel tamatie pasta (een pakkie)
1 eetlepel suiker
1 blik tamatie puree
1 blik gekapte tamatie
1 blokkie bief Knorox in 1 koppie water opgelos
Gemaalde growwe sout na smaak
Gemaalde swart peper na smaak
Smelt die botter in die olyfolie. Sit die lourierblare in. Sodra die lourierblare begin ‘braai’ kom die gemengde Italiaanse kruie by. Braai vir so 20 sekondes.
Gooi die uie en knoffel by. Braai tot sag en begin verkleur. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot dit begin verkleur. Voeg die preie en olywe by. Roer deurmekaar. Goou die witwyn by en kook tot dit met die helfte verminder het.
Voeg die tamatie pasta en suiker by. Meng goes deur. Goou die tamatie puree by en meng goed. Gooi die gekapte tamatie by roer deur. Spoel die blikkie tamatie puree uit met die opgeloste bief ekstrak. Geur met sout en swart peper na smaak.
Stel die hitte af en prut vir ‘n uur en ‘n half. Roer elke half uur. Proe met elke roer of daar nog sout en swart peper nodig is.
Bedien op pasta met bechemel sous (optioneel) en parmasan.
Hierdie bolognaise sous is perfek vir die maak van lasagne.
Heerlik op broodjies en in jaffles.
Goeie opsie vir ontbyt.

Lasagne reg vir oond en dan vrieskas! En nog ‘n houer vol vir pasta of broodjies – of die vrieskas!
Aangepas
FOTO: aangepas deur Wayne Dugmore
Ek het vanaand lasagne gemaak. Ek het gister al die bolognaise gemaak sodat die geure lekker kan trou. Vanmiddag gou ‘n witsousie gemaak en die lae gepak.
Belangrik dat jou gepakte lasagne eers so 2 ure staan. Druk dan die kante effe in met ‘n lepel en sit dan jou kaas oor.
Na dit gebak is laat jy dit weet vir so ‘n uur of wat staan.