RONEL SE LEKKER GEBAKTE EIERBROODJIE


RONEL SE LEKKER GEBAKTE EIERBROODJIE
Moes gou ietsie deel wat ek Dinsdagoggend vir ontbyt gemaak het.
2 snye brood
botter of margarien
2 eiers
bietjie melk
sout en peper na smaak
gerasperde kaas
soetrissiesous (opsioneel)
Smeer die snyebrood aan albei kante met botter of margarien. Plaas die snye in ‘n warm pan op die stoof en rooster die brood totdat dit bruin is aan albei kante.
Klits die eiers in ‘n mengbak met ‘n bietjie melk en voeg sout en peper by na smaak.
Giet die eiermengsel bo-oor die broodjies in die pan en plaas die deksel op die pan.
Bak die eierbroodjie vir ‘n paar minute, verwyder die deksel wanneer die eiers gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor die broodjie en skep soetrissiesous, indien verkies, bo-op die kaas. Baie lekker uit gekom.
Nota – Jy kan enige vulsel byvoeg wat jy verkies.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma