REVOLINA SE LEKKER BROODJIES

REVOLINA SE LEKKER BROODJIES
500 g Snowflake wit brood meel gemeng met 500 g Snowflake koekmeel
Voeg een pakkie groen gis by
Meng 3 eiers, bietjie lou water en 30 ml kookolie, 1 teelepel sout en suiker (nie te veel suiker nie) en meng met die meelmengsel. Indien nodig voeg nog bietjie lou water by.
Dan knie jy die deeg tot ‘n elastiese deeg en maak af in bolletjies en bak in 180° C tot gaar ongeveer 30 min hang af hoe groot is die rolletjies.  Toets vir gaarheid.
FOTO EN RESEP: Revolino Hilton Maasdorp Robinson