PIETERSIELIE PESTO OF DOOPSOUS


PIETERSIELIE PESTO OF DOOPSOUS

Kerf die pietersiele baie fyn.
Voeg bietjie sout en bietjie meer vars gemaalde swart peper by.
Meng die volgende en giet oor:
¼ koppie balsamiese asyn
¼ koppie olyf olie
1 fyn gekapte knoffelvinger
Krummel ‘n feta kaas wielietjie (of 2) oor en roer deur.
Laat staan 2 ure in yskas.

Bedien met ander dips soos hummus saam met snytjies Franse brood wat jy gerooster het as ‘n snoep happie.
Heerlik!
Jy kan selfs fyn gekapte neute en gerasperde parmesaan bysit ipv feta.

Resep verskaf: Retha Marais
Resep bron: Monica Winterbach
Foto: Ben Herbst